Local newsNews
Nie kos vir haweloses by stadion
Daar word ’n dringende beroep op die Middelburg gemeenskap gedoen wat mobiel is, om kos te skenk sodat die haweloses wat in afsondering is by die Kees Taljaard Stadion kos kan kry!

Die haweloses en dwelmverslaafdes is gisteraand van die strate afgehaal, maar daar is nie genoeg kos vir die 85 haweloses wat reeds daar is nie.
Persone wat toestemming het om te beweeg in hul voertuie, word gevra vir enige skenkings, van blikkieskos tot brood, vrugte en ander nie-bederfbare kos. Dit kan afgegee word by die Bambanani Sentrum.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



