Local newsNews
Diewe probeer twee bakkies steel op plaas by Stoffberg
’n Groep van minstens vier diewe het Woensdagoggend probeer om twee bakkies te steel by ’n boer op Stoffberg.
Daar kan op die kameras gesien word hoe die bakkies uit die stoor gestoot word. Een bakkie is vanoggend in ’n mielieland naby die opstal teruggekry terwyl die ander een skoonveld is.
Die bakkie wat gesteel is, is ’n 1997 Toyota Hilux wat roomkleurig is. Daar is ’n skraapmerk op die modderskerm regs agter.
Indien iemand die voertuig êrens gewaar word hulle versoek om dadelik die polisie te bel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



