Local newsNews
Familie op soek na man wat Desember spoorloos verdwyn het
Die familie van mnr. Dolf Duvenhage is dringend op soek na hom nadat hulle laas in Desember met hom kontak gehad het.
Sy suster Tessa Steyn sê dat Dolf, doopname Adolf Johannes Duvenhage, op straat is en dat hy gereeld vir haar boodskappe van vriende se fone af stuur, waarna sy hom terugbel.
Hy het egter Desember laas met die familie enige kontak gehad.
Mnr. Duvenhage pendel glo tussen Kriel en Middelburg.
Hy is ook dwelmafhanklik en die familie vrees dat daar iets met hom kon gebeur het.
Inwoners wat weet waar Dolf is kan Tessa by 072 198 4876 skakel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



