Local newsNews
‘Oupaboom’ val met middernag om
’n Reuse akkerboom by die Kleuterskool Gansiekeur in Middelburg het een aand net voor middernag stil-stil omgeval. Die boom is vermoedelik meer as 100 jaar oud.

Die skool is destyds in 1973 om die boom gebou. Wonderbaarlik het die reuse boom geen skade, buiten ’n gebuigde geut, aan die skoolgebou aangerig nie.

Die boom leef voort nadat sy hout op verskeie plekke op die skoolgrond aangewend is. Daar word binnekort ’n braai by die skool beplan om behoorlik van die boom afskeid te neem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



