Local newsNews

Boere gewaarsku: Wees op die uitkyk vir man wat ontsnap

Die polisie is tans op soek na ’n man wat vanoggend uit ’n polisie voertuig op die Ou Belfastpad ontsnap het. 

Volgens inligting het Tshapelo Innocent Nkosi in die omgewing van 11:00 uit die voertuig ontsnap, terwyl dit op die Ou Belfastpad gery het, naby aan waar dit teen die N4 doodloop in die Wonderfontein area.

Nkosi is beseer tydens die ontsnapping. Die honde-eenheid is tans besig om na hom te soek, maar hy kon tot op hede nog nie opgespoor word nie.

Boere in die Wonderfontein omgewing word versoek om op die uitkyk vir hom te wees.

Indien iemand Nkosi sien moet hulle die Carolina Speurtak se bystandsfoon 082 303 9940 bel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button