Local newsNews
Een sterf in ongeluk met ambulans
Een persoon is dood en verskeie ander beseer in ’n ongeluk omstreeks 10:00 vanoggend net buite Belfast, waarin ’n Swift Ambulans ook betrokke was.

Die ongeluk het net buite Belfast, rigting Middelburg, op die N4 plaasgevind.
Drie voertuie, ’n Swift Ambulans, ’n mynbakkie, asook ’n 20 sitplek Sprinter bussie, was deel van die ongeluk.

Die bestuurder van die Sprinter bussie is op die toneel dood. Die insittendes van die ambulans, asook die mynbakkie is per ambulans van die toneel af weg gevat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



