Local newsNews
Middelburg seun se liggaam gekry
Die liggaam van Muller Steyn, wat Sondag vermis geraak het toe hy in die see aan die Mosambiekse kus gaan swem het, is gevind.
‘n Grootskaalse soektog is geloods nadat Muller en sy nefie gaan swem het in Guinjata en hulle deur ‘n seestroom meegevoer is.
Die nefie kon daarin slaag om uit te swem.
Helikopters, hommeltuie, bote en duikers het help soek.
Die familie het gevra vir privaatheid.
‘n Samekoms word vanaand 19:00 voor Corpus Christi se jeugsaal beplan.
Bring ‘n kers saam om aan te steek. Daar sal gebid word vir die Steyn gesin.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



