Local newsNews
HTS Middelburg leerling in Mosambiek vermis
‘n Graad 11 leerling van die Hoër Tegniese Skool Middelburg is vermis nadat hy Sondagmiddag in die see by Quinjata in Mosambiek verdwyn het.
Na wat verneem word het Muller en sy nefie gaan swem en het hy net skielik verdwyn.
Daar is ‘n grootskaalse soektog geloods na Muller. Hommeltuie, bote en duikers help soek.
Op sosiale media het daar talle gebedsversoeke uitgegaan vir die veilige terugkeer van die seun.
Die soektog duur voort.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



