Sy familie het gister vir www.mobserver.co.za gesê dat hulle hom laas aan die einde van Oktober gesien het.
Hulle het gemeld dat hy wel gesê het dat hy werk in die Noordkaap gekry het voor hy weg is, maar dat hy hulle nooit laat weet het hy is veilig daar nie. Hy het ook nie met sy kinders of ander familie kontak gemaak nie.
Sy stiefma, Ina Gericke, het pas laat weet dat hulle vanoggend bevestiging gekry het dat hy wel in die Noordkaap is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



