Local newsNews
Familie soek na vermiste man
Die familie van Stephan Hopf (38) is al rasend van bekommernis, aangesien hy al aan die einde van Oktober spoorloos verdwyn het.
Sy stiefma, Ina Gericke, sê hy het by hulle kom bly vir ’n ruk in Middelburg en gesê dat hy werk in Wadeville (Noordkaap) gekry het.
Haar man is aan die einde van Oktober vir dialise en met hul terugkeer by die huis was hy sak en pak weg.
“Sy eksvrou het ook laat weet dat hy nog nie weer kontak gemaak het met sy kinders nie. Ons is almal baie bekommerd.”
Me. Gericke het gemeld dat sy selfoon ook sedertdien af is. Sy het aangedui dat hulle ’n vermiste persoon saak sal open.
Indien enige persoon weet waar Stephan hom bevind, bel mnr. of me. Gericke by 084 948 9461 of 081 760 4294.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



