Local newsNews
Bejaarde Middelburg inwoner herenig met familie
'n Bejaarde inwoner, wat in die Pretoria verdwaal het, opsoek na sy seun, is uiteindelik herenig met sy familie na 'n soektog op sosiale netwerke.
Die bejaarde man, wie se naam onbekend is, is langs die N4 opgelaai, naby die Wonderboom lughawe.
Daar is oor die naweek gesoek na familielede, terwyl ‘n goeie samaritaan na die man omgesien het.
Sy foto is versprei op WhatsApp veiligheidsgroepe, waar daar gesê is dat die man van Middelburg af kom.
Die bejaarde inwoner is uiteindelik herenig met famielielede na die soektog.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



