Local newsNews
Video: Man wat in kar vasry gesoek
Mickey Swanepoel is op soek na die man wat in haar motor vasgery het voor Springbokkafee in Kanonkop.
Me. Swanepoel sê dat sy en ‘n vriendin Vrydagoggend by Pistachio’s restaurant in die Kanonkop sentrum was en dat sy eers agtergekom het haar motor is gestamp toe sy terug by die werk is.
Sy kon met behulp van sekuriteitskameras by die sentrum sien hoe ‘n man in ‘n Toyota Hilux Club Cab in haar motor vasry. Me Swanepoel versoek die man, of iemand wat hom herken, om haar te bel by 060 330 5401.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



