Local newsNews

VIDEO: Grasman staan op trou, maar lobola is duur!

Hy heet Grasman, want sy vingers is groen.

En hy werk daai vingers stompies sodat hy ’n ring kan koop vir ’n ander vinger, die ringvinger van sy jong Blessee Zodwa.
Philemon Xaba is 63 maar trap sy warm fiets laat die speke sing.

Die fiets het hy in 1990 gekry en hom sedertdien so opgebou dat hy ’n grassnyer, blaser, graaf, vurk, hark en kantsnyer kan karwy.
Hy vra ekstra werk nadat “sy ouvrou” hom gelos het.

Philemon sê hy werk hard en as jy die mooiste tuin in Middelburg soek, en ’n liefdesverhaal kan waarmaak, gee hom ’n lui!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button