Local newsNews
GRAFIESE INHOUD: Harde hou met hokkiestok maak opslae
’n Video van ’n seun wat met ’n hokkiestok geslaan word, na bewering in HTS Middelburg se koshuis, en ’n foto van sy pimpel en pers boude, doen die rondte op sosiale media.

’n Bekommerde ouer het gevra dat daar ondersoek ingestel word.
Die skool se beheerliggaam voorsitter, Josef van Eeden, sowel as die skoolhoof, Hoppie van Jaarsveld, het gesê dat dit teen die skool se beleid is dat kinders so geslaan word. Hulle het gesê dat hulle beslis dissiplinêr sou optree indien daar ooit ’n klag ingedien word, maar dat hul hande afgekap is as niemand kom kla nie.
•Lees meer oor die voorval in die Middelburg Observer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



