GalleriesLocal newsNews
Rooies revue 2019 – Uitstekende produksie met Grease tema vanaand die laaste keer op die planke by HTS
Is jy ’n Rooies ondersteuner?

Vandag is jou laaste kans om die skool se uitmuntende revue produksie op die planke te sien.
Vergeet van daai wegneemetes en oefen eerder die lagspiere met topklas vermaak.
Daar is vir agt maande kliphard gewerk om vanjaar se revue weer een van die hoogtepunte op die vermaakkalender te maak.
Selfs Hoër Tegnies se skoolhoof mnr. Hoppie van Jaarsveld skud sy biscuit op die verhoog.
Die tema van die produksie is Grease en dis toonklap lekkerte.
Laai die gesin in die kar en vind jou pad Rooies toe!
Rooies revue 2019 is ’n móét om te sien!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!























