Local newsNews

Hennie steeds onthou

Die polisie het saam met Hennie Steyn se familie die dag onthou toe hy op 9 September 2011 geskiet is. Op die plek waar hy geskiet is, is ’n polisievlag en ’n vaas met blomme neergesit.

Sy vrou, Gerda, sê hulle herdenk elke jaar hierdie dag “sodat niemand hom ooit sal vergeet nie.”

’n Versteurde het op dié dag vir Hennie geskiet en is hy kort daarna dood verklaar in die Life Midmed Hospitaal.

•Een van sy vriende, Chris Gatzonis het destyds na sy afsterwe dié besondere video gemaak. Mnr. Gatzonis is in Maart 2018 na ’n kort siekbed oorlede.

•’n Volledige berig kan in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer gesien word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button