Local newsNews

Elfjarige met erge kopbeserings met helikopter opgepik

’n Elfjarige seuntjie wat erge kopbeserings opgedoen het in ’n ongeluk gisteraand, is vanoggend deur ’n helikopter afgevoer na ’n hospitaal in Gauteng.

Die ongeluk het gisteraand omstreeks 23:10 net na die Machadodorp tolhek by Crossroads (Mbombela/Mashishing kruising) plaasgevind.

Na wat verneem word het die VW Polo, waarin drie kinders en twee volwassene was, gerol en die seuntjie het ernstige kopbeserings opgedoen.

Die kind is na die Waterval Boven Hospitaal geneem waar hy gestabiliseer is. ’n ER24 helikopter het omstreeks 02:30 op Laerskool Oosterlijn se rugbyveld geland, vanwaar die kind gevlieg is na ’n hospitaal in Gauteng.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button