Local newsNews

Help soek na gesteelde beeswa

’n Sleepwa is vroeg vanoggend op die plaas Swartkoppies in die Laersdrift omgewing gesteel. Volgens inligting het boewe die sleepwa sowat een kilometer van sy staanplek tot naby ’n rivier gestoot, waar hulle dit aan ’n voertuig gehak het.

Die wa word as volg beskryf:

• Wit Bulperd Beeswa

• Swart op/afklim verlenging regs voor

• Swart yster mat in die wa

• Middelste balk is van gegalvaniseerde staal

• Die bout met ketting wat hek agter vashou is aan die wa vas gesweis.

Daar is reeds ’n klag by die Laersdrift polisie oopgemaak. Indien iemand die wa gewaar, bel vir Dawie 072 438 9075 of Charles 072 200 5730.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button