Local newsNews

Rowers sluit kliënte en personeel in stoor toe

’n Groot groep rowers het vanoggend op Russels in Belfast toegeslaan, personeel en kliënte van selfone en skootrekenaars beroof en hulle in ’n stoor toegesluit.

Na wat verneem word het ’n wit bakkie, ’n Corsa of NP200 (registrasienommer is onbekend), buite gewag met twee mans voor in. Volgens die inligting het die rowers na die rooftog uit die meubelwinkel gestorm, hul buit op die bakkie gegooi, agterop gespring en weggejaag.

Niemand is in die voorval beseer nie en die Belfast Polisie is nog op die toneel waar verklarings afgeneem word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button