Local newsNews

Boere: Hier die regering en misdadigers se teiken – elders gekoester

Boere in Suid-Afrika word moedeloos besteel!

Boere word op plase uitgemoor!

Boere lewe met die swaard van grondonteiening oor hulle kop!

Boere word deur vakbonde gedreig en geteister!

Lees ook: ‘n Boer met ‘n stoet in Georgië

Die afgelope twee weke het www.mobserver.co.za se Jana Boshoff met voormalige Middelburg boere gepraat wat uitgewyk het om in ander lande kos op inwoners van daardie land se tafel te sit. Sy was verstom oor die wyse waarop boere elders gekoester en deur regerings op die hande gedra word.

Verlede week het Lambert Theron gepraat oor sy boerdery in Georgië.

Riekie Pretorius het hierdie week vertel hoe dit voel om vir jou ‘n nuwe lewe in die ongerepte bosse van Mosambiek te gaan uitkerf.

Lees ook: Plaasaanval naby Marble Hall

Sy het onder andere gesê:

•Die Mosambiekse mense is baie erg oor eiendom. Hulle het baie respek vir jou goed.
Hulle winsgrens is baie hoër in Mosambiek omdat hul produksiekostes so laag is, grotendeels as gevolg van goeie weiding wat geen byvoeding verg nie.

•Boere is in hul element want hulle kan fokus op hul werk sonder om deur kommerpunte soos vakbonde, politiekedruk en misdaad wat Suid-Afrikaanse boere hinder, gekniehalter te word.

•Die Mosambiekse regering reik gereeld uit na boere en probeer dit vir hul maklik maak.

Kyk hier na die Pretorius egpaar se Toro Ranch Facebook blad.

https://www.facebook.com/ToroRanchMoz/posts/2026733630915115

•Die president van die land het met boere in Vilanculos vergader en daar word beplan om ‘n teerpad te bou om landbouprodukte makliker te vervoer.

•Die premier van die provinsie klop gereeld by boere op hul plase aan om te hoor wat hul griewe is. Boere is vir hulle ‘n aanwins en hulle wil dit vir hulle moontlik maak om in Mosambiek te floreer.

•Mosambiek is ‘n land met baie wette. “Hier respekteer almal die wette. Niemand mag ‘n handwapen besit nie en jy kan vir 15 jaar tronk toe gaan as jy met een gevang word,” sê mev. Pretorius.

Lees ook: VIDEO: Crowd shouts “Juju-Juju” at public hearing about land expropriation

Lees die volledige interessante onderhoud in hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer.

 

Lees ook:

Dit is bloedmaan vanaand

Spiesgooi kampioen vermoor – medaljes opgespoor

Pieter Koen en Willem Botha kom kuier

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button