Local newsNews

Pret met Bloedbuddy en brandweer

Kleuterskool Koedoe-oortjies het groot pret gehad saam met Bloedbuddy van die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD) en die plaaslike brandweer.

Die SANBD het hande gevat met die brandweer om kinders van die verskillende kleuterskole in Middelburg te leer hoe om ’n lewe te red.

Lees ook: Laerskool Middelburg Kultuurfees

Verskeie kleuterskole is besoek waar daar met die hulp van Bloedbuddy vir die kinders geleer is hoe belangrik ’n mens se bloed is om lewens te red.

Die bloeddiens het verder ’n spesiale projek waartydens ouers van die deelnemende kleuterskole gevra word om bloed te skenk vanaf 26-31 Maart (Paasvrydag uitgesluit) by die Wonderpark Bloedskenksentrum. Dié kleuteskole is: Breintjieland, Mini Explorers, Little Blessings, Cherry Growth en Koedoe-oortjies.

Lees ook: Laerskool Middelburg Wildsfees

• Die kleuterskool met die meeste ouers wat kom bloedskenk, wen ’n prys.

 

 

Ander nuus:

Witwyntjie en toe is dit: “Don’t be a fool put a condom on your tool”

Skelm man trek soos vrou aan

“Annica van Staden stole my money”

Volledige video: Vuisgeveg in Tracers

Verdagte in veld geskiet – inwoner verduidelik

Oproeriges kap pad op

Toets jou skietvernuf op diè baan 

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button