Local newsNews
R1 000 beloning om hond terug te kry
’n R1 000 beloning word aangebied vir enige persoon wat Desai, ’n Alsation, kan terugbesorg.

Mnr. Danie Smalberger sê hy het ’n eiendom tussen Middelburg en eMalahleni en dat die hond Vrydagaand van daar af weggeraak het.
Hy het al spoorsnyers en soekgeselsskappe gekry om die hond te soek, maar tot op hede is Desai steeds weg.
Mnr. Smalberger sê dat iemand die hond Maandag naby die ou inry gesien het, maar toe hulle daar kom, was hy alweer weg.
Hy vra dat as mense die hond sien, om nie die dier te roep of die skrik op die lyf te jaag nie, maar hom dadelik te bel by 082 924 8696 en hy sal die dier kom haal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



