CrimeNews

Gibbs vra vir korrektiewe toesig

Advokaat Wayne Gibbs, wat namens Willem Oosthuyzen optree, het die hof gevra om drie jaar korrektiewe toesig te oorweeg as 'n gepasde vonnis.

Hy het ook voorgestel dat Oosthuyzen gemeenskapswerk kan doen en sodoende die geld wat Mlotshwa moontlik van hom kan eis in ‘n siviele saak, kan bekom.

Adv. Gibbs het gesê dat Oosthuyzen berou toon omdat hy nou besef dat hy eerder vir Mlotshwa polisiestasie toe moes vat as om hom in die kis te sit.

“Is dit nie dalk eerder spyt as wat dit berou is nie?” het regter Sheila Mphahlele gevra. Sy het die verhoor herroep toe nie een van die beskuldigdes berou getoon het nadat die video gewys is nie.

Gibbs staan af. Adv. Org Basson is volgende.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button