Die “Grootwildjagters”, Mindri en Rudi Pretorius, wat die potjiekoskompetisie gewen het.
Daar is van vroeg af stalletjies opgesit en saamgekuier en daar is selfs tyd gemaak vir ’n potjie jukskei.
Beoordelaars Chené Jacobs en Anton Gilfillan saam met André en Lizandra Nortjé wat tweede gekom het met hul Lasagne potjie.
Tinette, met klein Mieke op die arm, en Francois Kruger (middel) het tweede geëindig in die geesafdeling. Hulle word geluk gewens deur beoordelaars Chené Jacobs, Anton Gilfillan en Louise Klopper (regs).
Anton saam met Wynand en Tanja Schoeman wie se potjie die vinnigste reg was.
Heila van der Merwe (Knikkies) wens Mike en Tammy Stander geluk wat die skaap gewen het in ’n gelukkige trekking.
Dié span het die prys gekry vir uniekste potjie. Anton (beoordelaar), Melissa, klein Jayden en Erich Robbertson.
Anton saam met Jacques du Plessis en Driekie van der Merwe wat ’n prys gewen het omdat hulle sommer twéé potte gemaak het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!