Local newsNews

VIDEO: Gesteelde sleepwa, beeste gevind langs N4

Ses gesteelde beeste is Maandagmore agter op ’n gesteelde sleepwa langs die N4 gevind.

’n Saak van dieremishandeling is naas veediefstal geopen.

Die sleepwa waarop die beeste vervoer is, is ook gesteel aangemeld in Standerton.

Die huurder van die sleepwa se besonderhede word nou nagegaan.

Die beeste is deur die polisie geskut en later die middag Belfast toe vervoer.

Een van die beeste is afkomstig van Amersfoort en een ander van Machadodorp.

Dit wil voorkom of die veediewe die ander beeste se brandmerke afgeskroei het.

Een van die sleepwa se wiele het afgekom en die wa is toe summier afgehaak en agter gelaat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button