Local newsNews
Koue is op pad
Net toe almal begin dink die Lente loer oor die agterdeur, kom klop die koue weer aan die voordeur. Van more af kan almal maar weer hul warm baadjies uithaal.

Vandag is die maksimum temperatuur nog ’n skaflike 24, maar Donderdag begin met ’n ysige minimum van slegs drie grade met die kwik wat se maksimum net sal klim tot by 17 grade.
Vrydag is ’n bewolkte dag wat ook begin op drie grade, maar met ’n maksimum van slegs 16 grade.
Winde van tot 32 km/p/h word verwag.
Saterdag begin weer op drie grade, met ’n maksimum van 18 grade. Die sonnetjie breek darem op dié dag weer deur en die wind is nie so sterk nie op 21 km/p/h.
Sondag is so rapsie warmer met ’n minimum van ses grade en ’n maksimum van 19 grade met die wind op slegs 13 km/p/h.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



