Local newsNewsBreaking News
Nuusflits: ‘Skiet my! Skiet my!’ skree man
“Skiet my! Skiet my!” het ’n jong man geskree terwyl hy in die rivier ingehardloop het nadat hy twee ongelukke veroorsaak het.

’n Jong man het vanmiddag klaarblyklik sy pa se kar in eMalahleni gesteel en daarna ’n voertuig gestamp van ’n lid van die GPF (gemeenskapspolisiëring).
Vandaar het hy gejaag na Middelburg, waar hy in Mhluzi nog ’n ongeluk veroorsaak het, met die verkeersdepartement kort op sy hakke.
Naby die rivier het hy uit die voertuig gespring, die rivier ingehardloop en geskree dat hulle hom kan skiet.
Hy is op die toneel gearresteer en sal more in die hof verskyn.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



