GeneralLocal newsLocal sportNewsSport

Gholfdag vir Barbarian rugbytoer

’n Gholfdag om fondse in te samel vir die o/14 Barbarian Rugbygroep se toer na Frankryk word aangebied op 31 Augustus by die Middelburg Buiteklub.

Vier van HTS se o/14 rugbyspelers, Calvin van Niekerk, Frandré Pieterse, Nico Henrico en Rikus Prinsloo, is gekies om deel te wees van dié toer na Frankryk vanaf 30 November tot 9 Desember.

Die formaat van die gholfdag is ’n “Betterball Scramble Drive” en groot pryse is op die spel.

Inskrywings beloop R1 200 per vierbal (gholfkarretjie uitgesluit) en moet voor 17 Augustus inbetaal wees.

Besighede kan ’n putjie borg vir R1 500 of R2 500 (sluit ’n vierbal in).

Vir enige verdere navrae, bel George van Niekerk by 082 563 5641 of Vanessa van Niekerk by 082 563 5631.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button