Local newsNews

Luislang seil na vryheid

’n Slangvanger van NSARRU (National Council of South African Reptile Rescue Units) is die week gekontak om ’n luislang by die Hereford plotte te gaan red, waar inwoners die slang wou dood maak.

Die Suid-Afrikaanse rotsluitslang is gelys as bedreig in die jongste Suid-Afrikaanse Rooidataboek.

’n Luislang is ’n nie-giftige slang en een van suidelike Afrika se grootste slange, met ’n gemiddelde lengte van drie tot vier meter maar kan tot ses meter word in dele van Afrika.

Zack Saayman, eienaar van NSARRU, het die luislang van byna 1,5m in een van die inwoners se lande gevang.

Hy het die rotsluislang vrygelaat in digte bosse naby die Olifantsrivier.

Zack kan gekontak word by 072 157 7364 vir alle slangverwyderings.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button