Local newsNews

Video: Sekuriteitskameras gesteel

Twee sekuriteitskameras is Saterdagmiddag by Roseleigh Begrafnisdienste in Wesstraat gesteel.

Volgens mnr. André van Wyk was sy personeel tot omstreeks 17:00 nog besig by die kantoor.

Kort daarna kan ’n mens via die videomateriaal sien hoe die twee diewe doodluiters aangestap kom.

Die een staan op die ander een se skouers en haal die een kamera af.

Die een dief se gesig kan duidelik gesien word as die kamera na onder skuif.

Sowat drie minute later kom een van die diewe terug en word die tweede kamera gesteel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button