EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Video: Buiteleweskou nog beter dié jaar
Vanjaar se De Voetpadkloof Buiteleweskou vind op 5 en 6 Augustus by dié gewilde vakansiebestemming op die Loskop Vallei toerismeroete tussen Middelburg en Marble Hall, plaas.

Honderde besoekers stroom jaarliks oor dié twee dae na De Voetpadkloof waar daar vanjaar ’n kampplek opgerig gaan word net soos buiteleweliefhebbers dit deesdae doen.
Naas dit trek die skou ook uitstallers van heinde en verre, met produkte soos kamptoerusting,
buitelewe produkte en disse te kies en te keur.
Hou www.mobserver.co.za dop vir nadere inligting oor die skou en wat alles daar sal plaasvind.
Vir navrae bel Koos Kleinsmith by 071 678 1314.



