CrimeLocal newsNews
Kranspoort pas gesluit
Die Kranspoortpas sal gesluit wees vir verkeer vir minstens vyf ure.
Die skilderagtige Kranspoortpas het sy soveelste lewe geeis nadat ’n trok vanoggend die pad byster geraak het.
Volgens inligting van iemand op die toneel was daar net een voertuig in die ongeluk betrokke en is daar een persoon in die voorval oorlede.
Die pas sal vir ’n geskatte vyf ure gesluit wees terwyl forensies die liggaam verwyder en reddingswerkers die trok uitsleep om die roete weer begaanbaar te maak vir verkeer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



