Local newsNewsSchools
Jeugskou by Middies!
Almal weet op die plaas is Middies baas en vir die eerste keer in die geskiedenis word ’n jeugskou by Hoërskool Middelburg aangebied!

Studente van Ermelo, Morgezon, Balfour en Middelburg gaan Woensdag in aksie wees..
Die doel van só ’n skou is om leerlinge by landbou betrokke te kry en van die diere wat gesien kan word is vleis- en melkbeeste, perde, konyne, varke, vleisbokke, melkbokke, wolskape, vleissskape, hoenders en verskeie duiwe.
Dan sal kookkunste en suiwelbereiding ook aangebied word.
• Datum: 31 Mei
• Tyd: 08:00 tot 16:00.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



