Local newsNews

Oesfees hierdie Saterdag

Die Uitkyk Oesfees word Saterdag gehou.

Moenie na die tyd spyt wees as jy jou vriende se foto’s op Facebook sien nie, pak die kort 38 km op die R555 (Stoffbergpad) na Laerskool Uitkyk se skoolgronde aan en wees self deel van die pret.

Die Oesfees beloof om plattelandse pret op sy beste te wees. Die bergfietswedren skop al om 08:00 af. Deelnemers ry deur die asemrowende Ribbokkloof en daar is ’n 20 km of 40 km baan om aan deel te neem.

Om 09:00 begin die 4,9 km opblaas hindernisbaanresies wat geskik is vir die hele familie.

Teen 09:15 spring die motorfietsryers weg op hul 60 – 80 km pretrit. Met hul terugkoms wag daar ’n gratis bier op die deelnemers.

’n 4×4 gymkana baan sal van 09:00 tot 16:00 gery kan word. Dit gaan sorg vir baie aksie omdat die bestuurder van die voertuig geblinddoek word en sy of haar passasier dan moet verduidelik waar hulle moet ry.

Daar sal die heel dag vermaak vir die kinders wees met springkastele, ’n rodeo bul, spookhuis, glybaan, verfbal en skyfskietbane beskikbaar. Boeresport vir die kinders sal ook op twee geleenthede, om 11:30 en 15:30, in die arena aangebied word.

Kosstalletjies sal sorg dat besoekers nie honger daar weggaan nie en ’n biertent met musiek sal die vermaak tot laatnag laat aanhou.

Ons eie Johan de Bruto sowel as die skreeusnaakse DJ Ossewa en Hans Drommedaris sal feesgangers vermaak.

Om op die internet vir een van die onderskeie wedrenne te bespreek, gaan besoek die oesfees blad by www.uitkykoesfees.wixsite.com of bel vir Chris Myburgh by 082 417 2170 vir navrae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button