Local newsNews
Hartseer gesig langs hengelparadys
’n Hartseer gesig het hom by die rustige hengelparadys, die Middelburgdam, afgespeel.

’n Hartseer gesig het hom by die rustige hengelparadys, die Middelburgdam, afgespeel.
Langs die hengelwaters het ’n bakkie gestaan, die visstok in die water met dobbertjie wat as “polisieman” dien en van agter die voertuig was daar ’n pyp aangelê, deur die kappie, tot binne die kajuit.
Werknemers van die Steve Tshwete Munisipaliteit het op die toneel afgekom.
Toe hulle die venster stukkend slaan, het hulle die liggaam van ’n middeljarige man binne gekry.
Daar was ’n selfmoordbriefie aan sy vrou gerig.
Die identiteit van die man is nog nie bekend nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



