Local newsNews
Inwoners uit huise gestink
Septiese riool wat in die erobiese se tenks gelê het sonder om behandel te word met suurstof weens onwerkende klitsers, is die oorsaak van die stank wat Middelburg inwoners na die wasgoedpennetjie laat gryp om hul neuse toe te knyp.
Volgens die munisipaliteit se Rudolph Bouwer, het van die klitsers onklaar geraak wat veroorsaak het dat die riool nie reg belug word voor dit afgevoer word na die verouderingsdamme nie.
Opgraderings van die verouderingsdamme het ook veroorsaak dat die half verwerkte riool opdam, en met die herstel van die klitsers, lig die septiese riool nou na bo.
Die stank word inderwaarheid veroorsaak deur dooie mikrobe wat die riool septies maak.
Boonop het ’n pyp ook by die primêre aanleg verstop oor die naweek, wat die reuk vererger het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



