Community galleriesGalleriesLocal newsNews
Foto’s: Natuurliefhebbers sal nie hieroor brom nie
Nege bromvoëls het verlede week ’n nuwe tydelike tuiste by uBhetyan-o-Africa net buite Middelburg gekry. Hulle sal egter later weer by in die wild by die Loskop Natuurreservaat vrygelaat word.

Volgens die Mabula Ground-Hornbill Project se webtuiste is daar nog net 1 500 bromvoëls in Suid-Afrika oor, terwyl daar slegs 417 broeipare is.

Die voëls is verlede Donderdag onder die wakende oë van lede van dié projek by uBhetyan losgelaat en hulle behoort tot die einde van die jaar híér te bly.





At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



