EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Wanted!

Wie is dié twee manne agter die tralies?

Niemand anders nie as die Witkerk se twee leraars, ds. Anton Kemp en ds. Jaco van Rooyen.

As jy nog nie jou kaartjies het vir die Witkerk se potjiekosaand vanaand (Vrydag) nie, sal jy moet spring! Daar is nog net ’n paar beskikbaar!

Kaartjies beloop R100 per persoon en die tema is “Keep it Country”.

Sit op jou Cowboy hoed en gaan kuier tot laat saam met almal by hierdie vrolike geleentheid.

Een van oom Kok Duvenage se boerpampoene kan ook gewen word as jy sy gewig reg raai!

Bel Hester by die kerkkantoor by 013 282 7153 of 082 781 7997 om nog ’n kaartjie te bekom.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button