Local newsNews
Watervermorsing gaan jou kos!
Die Steve Tshwete Munisipaliteit vat nie nonsens van inwoners wat water vermors nie, en meer as 48 boetes van R1 500 is al teen inwoners en besighede wat nié ag slaan op die waterbeperkings nie, uitgereik.

Die damstand daal steeds en van die belowende weervoorspellings kom daar maar min, of selfs niks.
Drie van die raad se departemente, siviele ingenieurswese, verkeer en die behuisingsdepartement, is by magte om boetes uit te reik, en hulle rus nie op hul louere nie.
Inwoners word gemaan om nié tuine met tuinslange of besproeiïngsisteme nat te lei nie.
Geen voertuie mag met tuinslange gewas word nie.
Skole mag geensins velde natlei nie.
En swembaddens mag onder geen omstandighede volgetap word nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



