Local newsNews

Damstand stabiliseer te danke aan naweekreën

Die inloop na Middelburg Dam is tans so karig, dat dit geen effek op die damstand het nie.

Volgens die damopsigter, mnr. Neels Struwig, het die damstand wel gestabiliseer gedurende die naweek, en is Maandag se lesing van 48,64%, dieselfde as Vrydag toe die damstandlesing dieselfde was.

Mnr. Struwig sê dat daar 42mm reën die afgelope naweek by die dam uitgesak het, wat daartoe bygedra het dat die damvlak nie sak nie.

“Ongelukkig is daar nie ’n sterk inloop na die dam op dié stadium nie,” het hy Maandagmore aan www.mobserver.co.za bevestig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button