Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews galleriesSchools galleries
Matriek uitslae 2016
Middelburg se skole het weer gewys dat hulle met die beste skole in die land kan vergelyk met ’n rits onderskeidings en ’n 100%-slaagsyfer.

By Hoërskool Middelburg was Khanyisile Mahlangu die top-presteerder met agt onderskeidings (90.8%), terwyl HTS Middelburg se Beatrix Steenekamp ’n fantastiese gemiddeld van 93% het!
Middelburg Gekombineerde Skool het ’n slaagsyfer van 85.55% en Kwazamokuhle se slaagsyfer is 80.5%.
Hoërskool Kanonkop kan baie tevrede voel met hul 100%-slaagsyfer – húl top-leerlinge is Nicole Nunes en Jeandre van der Bijl, wat elk met sewe onderskeidings spog.
Die trappe van vergelyking is eenvoudig: slim, slimmer, Middelburg-matrieks.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!








