EntertainmentLettersLifestyleLocal newsNewsOpinion
God skenk vrede, vreugde en liefde
Cindy Coetzee (voorsitter, Kosmosstreek VLU):

Toe ek gisteraand opkyk na die sterre besef ek, tweeduisend en sestien jaar gelede was daar ook talle oë gerig na bo.
Soekend en hoopvol, harte gevul met blydskap en vreugde.
Drie wyse manne het ‘n ster gevolg, vol hoop en afwagting dat die wêreld geseën sal word met liefde en vrede.
God het sy enigste Seun gegee om aan die kruis te sterf, sodat ons kan vergewe kan word vir ons sondes.
Koester die vaste wete van ‘n almagtige God wat vrede, vreugde en liefde vir ons skenk elke dag van ons aardse bestaan.
Mag elke vrou en haar gesin krag put uit ons Hemelse bron van genade.



