Local newsNews
Vrou sterf in man se arms
’n Hawelose vrou wat oral in die dorp in haar rolstoel rondgestoot is deur haar hawelose vriend, het verlede Saterdag in Cowen Ntulistraat in Middelburg gesterf.
Me. Poppie Theron het in mnr. Hans van Staden se arms gesterf. Omstanders het gestop om te probeer help toe mnr. Van Staden sien dat haar kop vooroor geval en sy nie reageer nie. Sy is egter kort daarna dood verklaar.
’n Roudiens word volgende Donderdag (22 Desember) om 10:00 by die Krematorium by die begraafplaas gehou.
- ’n Volledige berig verskyn in die Vrydag uitgawe (16 Desember) van die Middelburg Observer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



