Local newsNews

Observer/DBV mooiste en lelikste hond

Skryf jou hond in vir die Observer en Dierebeskermingsvereniging se mooiste en lelikste hond en staan 'n kans om lekker pryse vir jou hond te wen!

Kan net jy ou Boela se verrimpelde gesig liefhê? Of is klein Mia die mooiste hond wat jy nog ooit gesien het? Dan moet jy dadelik die kamera of selfoon gryp en begin foto’s neem!

Inskrywings beloop R120 per hond, waarvan ‘n gedeelte aan die DBV geskenk sal word.

Deelnemers kan hul foto’s op ‘n geheuestokkie of CD inbring na die Middelburg Observer se ontvangs, óf dit stuur na classifieds@mobserver.co.za. In die geval moet daar op die e-pos die hond se naam, asook jou telefoonnommer en die bewys van betaling verskyn.

Persone wat hul honde met die selfoon afneem, kan dit WhatsApp na 082 576 4846. In hierdie geval moet die hond se naam, jou telefoonnommer en bewys van betaling ook saamgestuur word.

Deelnemers moet net ‘n duidelike, goeie kwaliteit, gesigfoto van die hond neem.

Die sluitingsdatum is op 6 Desember om 16:00, waarna al die mooiste en lelikste honde op 9 Desember in die koerant sal verskyn.

Die wenners sal op 16 Desember in die Observer aangekondig word.

• Die bankbesonderhede (vir Internetbetalings) is: FNB, takkode 250655, rekeningnommer 6210 499 1288, Middelburg Observer. Die verwysing is jou hond se naam en jou telefoonnommer.

Vir enige navrae rakende die kompetisie, of persone wat dalk pryse wil skenk vir die honde, bel Susan of Elaine by 013 243 1434.

• Die DBV se komitee sal die beoordeling hanteer.

Lees ander nuus hier:

Flash terug na die parradys

Pakistani shops close due to protest

Breaking News – Plane crashes at Botshabelo

Protest over land erupt in Mhluzi

Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang

Video: Gemeenskap groet Pottie

Copper thieves busted in Kriel

Power outage Saturday

(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects

Media sak toe op Middelburg

Video: Protesting begins

(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest

Update: Three major political parties to protest during coffin case

Update: Juju on his way to Middelburg

Update: Prepare for chaos

Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button