Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews galleriesBreaking News

Foto’s: Brand in industriële area

Sweisvonke het droë gras en vervoerbande aan die brand gesteek in die industriële area.

Mnr. Pieter Smit sê hy het dié stuk grond, waar ’n klomp vervoerbande nog lê, aan E & A Belting verhuur, maar hulle het opgehou betaal en geepad.

Sy werkers was vanoggend besig om die vervoerbande op te rol om te verwyder, asook om dit netjies te kry op dié perseel in Mnothostraat, toe ’n vonk, wat weggespat het terwyl ’n buurbesigheid besig was om te sweis aan ’n staalkonstruksie, die gras en vervoerbande aan die brand steek.

Volgens mnr. Smit het diewe al meer as ’n jaar gelede ook die elektriese omheining gesteel.

Hy bedank die personeel van Quickstep, wat oorkant die pad geleë is, wat ’n laaigraaf beskikbaar gestel het om grond op die brandende vervoerbande te gooi.

• Die brandweer is steeds besig om teen die vlamme te stry.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button