CrimeLocal newsNews

Opvolg: Sakeman weer in hof

Die sakeman wat gedurende September erken het dat hy ’n ander man met die vuis geslaan het, het Donderdag weer vlugtig in die hof verskyn.

Mnr. Alex Curtis (39, verkoopsbestuurder van Barloworld Equipment Mining) word aangekla vir aanranding met die opset om ernstig te beseer, na ’n voorval by die Middelburg Buiteklub.

Hy het kort na sy eerste verskyning in die hof ’n teenklagte van crimen injuria teen die persoon wat die klagte teen hom aanhangig gemaak het, mnr. Ferdi van den Berg, gemaak.

Mnr. Van den Berg (43) beweer dat mnr. Curtis hom met die vuis geslaan het by die Middelburg Buiteklub. Hy het ’n ernstige besering aan sy oog opgedoen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button