Local newsMunicipalNews
Gemeenskapsvergadering vir Kanonkop kiesers ’n belangrike een
Kanonkop se wyksraadslid, die DA se Helda de Klerk, nooi alle geregistreerde kiesers om vanaand (18 Oktober), ’n gemeenskapsvergadering by te woon, waartydens ’n wykskomitee verkies sal word.
Slegs geregistreerde kiesers is verkiesbaar vir die komitee. Die vergadering skop om 18:00 by die ouditorium van die munisipale biblioteek af.
Een van die sake wat Kanonkop inwoners raak, is die vestiging van ’n laekostebehuisingskompleks in die oop veld langs Steelcrest High, waar ’n Engelse voorbereidingskool ook onlangs voltooi is.
Navrae oor die vergadering kan gerig word aan me. De Klerk by 083 264 7780.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



