Local newsNews

Vrou, seuns verloor alles in brand

’n Ma en haar twee seuns, Graad 1 en Graad 5, het al hulle klere en die inhoud van hul slaapkamers verloor toe hul woonstel Dinsdagoggend afgebrand het.

Dowlin de Beer het wakker geword met vlamme in haar gesig. Haar kinders het gelukkig by familie gekuier toe die brand ontstaan het.

Sy het by haar bure in die Eagle’s Nest woonstelblok gaan aanklop om hulp om haar hondjie en papegaaie uit die huis te red. Haar en haar seuns se slaapkamers is heeltemal verwoes. Baie van die elektriese ware en meubels in die res van die huis is deur water en rook beskadig.

Indien iemand die De Beer gesin wil help kan hulle die Middelburg Observer kantore kontak by 013 243 1434.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button