Danie Esterhuizen – die second hand cow dealer
Die legendariese restauranteur, Danie Esterhuizen, het Saterdag sy sewentigste verjaardag in Benoni tydens ’n verrassingspartytjie gevier.
Die joviale Esterhuizen was eers in die koerantwese en sou ’n koerant op Middelburg begin, toe hy in die restaurantbedryf beland en die gewilde ChuckWagon restaurant begin het.
Hy het landwyd bekend geword as die ”Second hand cow dealer” en die hoenderlewertjies wat hy gratis voorgesit het.
Die restaurant is later aangevul met twee ou treinwaens wat swierig ingewy is.
ChuckWagon het na Witbank en Kempton Park uitgebrei, die restaurant wat hy tot sy aftrede bedryf het.
Die partytjie is bygewoon deur verskeie oudwerknemers en kliënte, asook vriende van die Middelburg ChuckWagon.
•Lesers van www.mobserver.co.za wat staaltjies oor Danie en sy duisende grappe en stories met ons wil deel kan dit stuur aan tobie@mobserver.co.za.










