Opvolg: Saak dalk teen minderjarige ‘ontvoerder’ teruggetrek
Die jongman wat ’n klag van ontvoering in die gesig gestaar het nadat hy en sy meisie verlede jaar in September weggeloop het, kan skotvry daarvan afkom, mits hy ’n afwentelingsprogram voltooi.
Pierre Steenkamp (18) was 17 toe Neline van Zyl, toe 13, spoorloos uit Middelburg verdwyn het. Daar is regoor die land na haar gesoek en selfs die polisie se taakmag het destyds gehelp soek.

Daar is ’n klag van ontvoering geopen nadat Steenkamp en Van Zyl by ’n gastehuis in die Loskopdam omgewing opgespoor is.
Steenkamp het intussen begin met ’n afwentelingsprogram vir jeugdige oortreders. Sodra die maatskaplike werker in Groblersdal, waar hy en sy familie bly, die nodige verslag by die hof ingehandig het, word die saak as afgehandel gesien. Steenkamp sal dus sy mondigwording kan binnegaan sonder ’n kriminele klad op sy naam.
Lees vorige stories hier:
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



